1. Issaskar het vier seuns gehad: Tola, Puwwa, Jasub en Simron.
2. Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was die hoofde van die Tola-families en hulle was belangrike manne. In die tyd toe Dawid regeer het, was daar 22 600 afstammelinge van Tola.
3. Ussi het een seun Jisragja gehad, en die seuns van Jisragja was Mikael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf seuns was almal familiehoofde.