1 Kronieke 7:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Issaskar het vier seuns gehad: Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

2. Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was die hoofde van die Tola-families en hulle was belangrike manne. In die tyd toe Dawid regeer het, was daar 22 600 afstammelinge van Tola.

1 Kronieke 7