64. Die Israeliete het vir die Leviete die stede gegee saam met die weivelde rondom die stede.
65. Die stamme Juda, Simeon en Benjamin het almal hierdie stede gegee.
66. Die Kehat-families het hulle stede van die Efraim-stam gekry.
67. Die stam het vir hulle die asielstad Sigem in die Efraim-berge gegee, en die stede Geser,
68. Jokmeam, Bet-Goron,
69. Ajalon en Gat-Rimmon, en ook die weiveld rondom die stede.
70. Die een helfte van die Manasse-stam het wes van die Jordaan-rivier gewoon. Hulle het die stede Aner en Bilam vir die ander families van die nageslag van Kehat gegee, en ook die weivelde rondom die stede.
71. Die ander helfte van die Manasse-stam het oos van die Jordaan-rivier gewoon. Hulle het die stad Golan in die land Basan en die stad Astarot vir die families van die nageslag van Gersom gegee, en ook die weiveld rondom die stede.
72. Die Issaskar-stam het vir die Gersom-families die stede Kedes, Daberat,