1 Kronieke 6:61-69 Bybel vir Almal (ABA)

61. Die ander families van die nageslag van Kehat het tien stede gekry, dit was waar die halwe Manasse-stam gewoon het.

62. Die families van die nageslag van Gersom het 13 stede gekry van die stamme Issaskar, Aser en Naftali en van die Manasse-stam wat in Basan gewoon het.

63. Die families van die nageslag van Merari het twaalf stede gekry van die stamme Ruben, Gad en Sebulon.

64. Die Israeliete het vir die Leviete die stede gegee saam met die weivelde rondom die stede.

65. Die stamme Juda, Simeon en Benjamin het almal hierdie stede gegee.

66. Die Kehat-families het hulle stede van die Efraim-stam gekry.

67. Die stam het vir hulle die asielstad Sigem in die Efraim-berge gegee, en die stede Geser,

68. Jokmeam, Bet-Goron,

69. Ajalon en Gat-Rimmon, en ook die weiveld rondom die stede.

1 Kronieke 6