3. Die kinders van Amram was Aäron, Moses en Mirjam. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
4. Eleasar was die pa van Pinehas, Pinehas was die pa van Abisua,
5. Abisua was die pa van Bukki, Bukki was die pa van Ussi,
6. Ussi was die pa van Seragja, Seragja was die pa van Merajot,
7. Merajot was die pa van Amarja, Amarja was die pa van Agitub,
8. Agitub was die pa van Sadok, Sadok was die pa van Agimaäs,
9. Agimaäs was die pa van Asarja, Asarja was die pa van Joganan,
33-38. Hier is die name van die manne wat saam met hulle seuns gesing het:Van die nageslag van Kehat was daar Heman seun van Joël. Heman moes by die tempel sing. Sy voorvaders was Levi seun van Israel, Kehat, Jishar, Korag, Ebjasaf, Assir, Tagat, Sefanja, Asarja, Joël, Elkana, Amasai, Magat, Elkana, Sif, Toag, Eliël, Jerogam, Elkana en Samuel.
39-43. Asaf seun van Berekja het saam met Heman gesing, en hy het regs langs Heman gestaan. Sy voorvaders was Levi, Gersom, Jagat, Simi, Simma, Etan, Adaja, Serag, Etni, Malkija, Baäseja, Mikael en Sima.
44-47. Links langs hulle het Etan seun van Kisi gestaan. Hy was van die nageslag van Merari, en sy voorvaders was Levi, Merari, Musi, Magli, Semer, Amsi, Gilkija, Amasja, Gasabja, Malluk en Abdi.