4. Dit is die ses seuns van Dawid wat in Hebron gebore is. Dawid was sewe jaar en ses maande lank koning in Hebron, en hy was 33 jaar lank koning in Jerusalem.
5. In Jerusalem is daar nog seuns van Dawid gebore: Die vier seuns Sima, Sobab, Natan en Salomo se ma was Bat-Sua dogter van Ammiël.
9. Dawid het nog seuns gehad, sy byvroue het ook nog seuns vir hom gekry. Hy het ook ’n dogter Tamar gehad.
10. Die konings van die nageslag van Salomo was Rehabeam, Abia, Asa, Josafat,
11. Joram, Ahasia, Joas,
12. Amasia, Asarja, Jotam,
13. Agas, Hiskia, Manasse,
14. Amon en Josia. Elke koning het koning geword ná sy pa.
15. Josia se vier seuns wat koning geword het, was Joganan, Jojakim, Sedekia en Sallum.
16. Die seuns van Jojakim was Jojagin en Sedekia.
17. Jojagin het ’n gevangene geword. Sy seuns was Sealtiël,