1 Kronieke 3:15-19 Bybel vir Almal (ABA)

15. Josia se vier seuns wat koning geword het, was Joganan, Jojakim, Sedekia en Sallum.

16. Die seuns van Jojakim was Jojagin en Sedekia.

17. Jojagin het ’n gevangene geword. Sy seuns was Sealtiël,

18. Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

19. Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simeï. Serubbabel se seuns was Mesullam en Gananja, en sy dogter was Selomit.

1 Kronieke 3