1 Kronieke 28:19-21 Bybel vir Almal (ABA)

19. Dawid het gesê: “Alles wat ek vir julle laat skryf het, kom van die Here. Hy het duidelik vir my gesê wat julle alles moet doen en hoe julle dit moet doen.”

20. Dawid het ook vir sy seun Salomo gesê: “Jy moet sterk en dapper wees en jy moet die werk begin doen, jy moenie bang wees nie. Jy moet oor niks bekommerd wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie los nie, Hy sal jou help om al die werk by die tempel klaar te maak.

21. Hier is groepe priesters en Leviete wat al die werk in die tempel sal doen, en by jou is daar vaardige mense wat alles kan en wil doen wat hulle moet doen. Die leiers en die hele volk sal doen wat jy sê.”

1 Kronieke 28