1 Kronieke 27:2-14 Bybel vir Almal (ABA)

2. Jasobam seun van Sabdiël was die hoof van die eerste groep vir die eerste maand. Daar was 24 000 manne in sy groep.

3. Hy was van die Peres-familie en hy was die hoof van al die offisiere vir die eerste maand.

4. Dodai van die stad Agoag was die hoof van die groep vir die tweede maand. Miklot was die hoof-offisier van sy groep, hulle was 24 000 manne.

5. Die hoof vir die derde maand was Benaja, seun van die priester Jojada. Daar was 24 000 manne in sy groep.

6. Benaja was een van die 30 spesiale manne van die koning en hy was die leier van die 30 manne. Sy seun Ammisabad was die hoof-offisier van sy groep.

7. Die hoof vir die vierde maand was Asael broer van Joab, en ná hom was sy seun Sebadja die hoof. Daar was 24 000 manne in sy groep.

8. Die hoof vir die vyfde maand was Samhut van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

9. Die hoof vir die sesde maand was Ira seun van Ikkes van die stad Tekoa. Daar was 24 000 manne in sy groep.

10. Die hoof vir die sewende maand was Geles van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.

11. Die hoof vir die agste maand was Sibbekai van die stad Gusa. Sibbekai was van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

12. Die hoof vir die negende maand was Abiëser van die stad Anatot. Abiëser was van die Benjamin-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.

13. Die hoof vir die tiende maand was Magrai van die stad Netofa. Magrai was van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

14. Die hoof vir die elfde maand was Benaja van die stad Piraton. Benaja was van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.

1 Kronieke 27