1 Kronieke 26:31-32 Bybel vir Almal (ABA)

31. Jerija was die hoof van die Hebron-familie. Veertig jaar nadat Dawid koning geword het, het hy gesê sy manne moet alles uitvind oor die geslagte en families. Daar was toe baie leiers by die stad Jaser in die land Gilead.

32. Daar was 2 700 leiers wat familie was van Jerija. Hulle was familiehoofde, en Dawid het hulle gekies en aangestel om te kyk dat die stamme Ruben en Gad en die helfte van die Manasse-stam al die werk reg doen vir God en vir die koning.

1 Kronieke 26