1 Kronieke 1:13-29 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die mense van Kanaän was die voorvaders van die mense van die lande Sidon en Het. Sidon was die oudste.

14. Die mense van Kanaän was ook die voorvaders van die Jebusiete, die Amoriete, die Girgasiete,

15. die Hewiete, die Erekiete, die Siniete,

16. die Arwadters, die Semariërs en die Hamatters.

17. Sem se nageslag was die mense van die lande Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Geter en Mesek.

18. Arpaksad was die pa van Selag, en Selag was die pa van Heber.

19. Heber het twee seuns gehad. Die een seun se naam was Peleg. In die tyd toe Peleg gelewe het, het hulle die land verdeel. Peleg se broer was Joktan.

20. Joktan was die pa van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

21. Hadoram, Usal, Dikla,

22. Ebal, Abimael, Skeba,

23. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle was almal Joktan se nageslag.

24. Hier is die name van Abraham se voorvaders en die name van sy nageslag: Sem, Arpaksad, Selag,

25. Heber, Peleg, Reü,

26. Serug, Nahor en Tera.

27. Abram se naam het later verander na Abraham.

28. Abraham se seuns was Isak en Ismael.

29. Hier is hulle nageslag. Die oudste seun, Ismael, was die voorvader van die mense van die stede Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam,

1 Kronieke 1