1 Kronieke 1:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die mense van Kanaän was die voorvaders van die mense van die lande Sidon en Het. Sidon was die oudste.

14. Die mense van Kanaän was ook die voorvaders van die Jebusiete, die Amoriete, die Girgasiete,

15. die Hewiete, die Erekiete, die Siniete,

16. die Arwadters, die Semariërs en die Hamatters.

17. Sem se nageslag was die mense van die lande Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Geter en Mesek.

18. Arpaksad was die pa van Selag, en Selag was die pa van Heber.

1 Kronieke 1