11. Sy geloof is swak, en omdat jy dink dit is nie verkeerd om afgod-offervleis te eet nie, sal hy miskien verlore gaan. Maar jy moet onthou, hy is ’n gelowige, Christus het vir hom gesterf.
12. Onthou, wanneer julle iets doen wat ander gelowiges skuldig laat voel, dan doen julle sonde teen hulle en ook teen Christus.
13. Daarom, as kos iemand sonde laat doen, iemand wat soos ek in Christus glo, dan sal ek nooit weer vleis eet nie. So sal ek seker maak dat ander gelowiges nie sonde doen nie.