1. Ek het gehoor daar is mense by julle wat onsedelik lewe. Die sonde wat hulle doen, is so groot dat ek dit nie kon glo nie. Ook die heidene dink dit is verkeerd. Ek het gehoor daar is ’n man wat by sy stiefma slaap.
2. En julle dink nog altyd julle is beter as ander mense. As julle jammer was oor hierdie sonde, dan was dit beter. Dan sou julle gesê het die man wat hierdie ding doen, mag nie meer aan julle gemeente behoort nie.
3. Ek is nie self nou daar by julle nie, maar dit voel of ek daar is. Daarom wil ek praat soos iemand wat daar by julle is. Ek het klaar besluit wat moet gebeur met die man wat hierdie sonde doen.
12-13. Ek wil nie die mense oordeel wat nie aan die gemeente behoort nie. God sal hulle oordeel. Maar julle moet die mense oordeel wat aan die gemeente behoort. In die Ou Testament is geskryf: Julle moet ’n slegte mens afsny van die gemeente.