1 Korintiërs 5:1-12-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor daar is mense by julle wat onsedelik lewe. Die sonde wat hulle doen, is so groot dat ek dit nie kon glo nie. Ook die heidene dink dit is verkeerd. Ek het gehoor daar is ’n man wat by sy stiefma slaap.

10. Maar julle moenie vir my verkeerd verstaan nie. Ek het nie gesê julle moet wegbly van die mense van hierdie wêreld wat onsedelik lewe nie, of van mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of van mense wat ander mense aanval en hulle geld vat, of van mense wat afgode aanbid nie. Want as julle van daardie mense wil wegbly, dan sal julle heeltemal uit die wêreld moet weggaan.

11. Ek het in daardie brief gesê julle moet wegbly van mense wat sê hulle glo in Christus, maar hulle lewe onsedelik, of hulle wil altyd meer en meer geld en goed hê, of hulle aanbid afgode, of hulle sê lelike dinge van ander mense wat nie waar is nie, of hulle is altyd dronk, of hulle is mense wat ander mense aanval en hulle geld vat. Julle moet wegbly van daardie mense, julle moet ook nie saam met hulle eet nie.

12-13. Ek wil nie die mense oordeel wat nie aan die gemeente behoort nie. God sal hulle oordeel. Maar julle moet die mense oordeel wat aan die gemeente behoort. In die Ou Testament is geskryf: Julle moet ’n slegte mens afsny van die gemeente.

1 Korintiërs 5