1 Korintiërs 10:5-15 Bybel vir Almal (ABA)

5. Maar God was nie tevrede met die meeste van die Israeliete nie, want Hy het hulle in die woestyn laat sterf.

6. Hierdie dinge het gebeur om vir ons te waarsku. Dit wys vir ons: Ons moenie soos die Israeliete slegte dinge wil hê nie.

7. Julle moenie afgode dien nie. Party van die Israeliete het dit gedoen. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die volk het gaan sit om te eeten te drink,en hulle het opgestaanen wild feesgevier.

8. Ons moenie onsedelik lewe nie. Party van die Israeliete het onsedelik gelewe, en toe het daar op één dag 23 000 Israeliete gesterf.

9. Ons moenie vir Christus kwaad maak nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het slange hulle doodgepik.

10. Ons moenie kla nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het die engel wat mense moet doodmaak, vir hulle doodgemaak.

11. Hierdie dinge het met die Israeliete gebeur sodat dit vir ons kan waarsku. Dit is geskryf sodat dit vir ons iets kan leer. Ons moet beter verstaan as die Israeliete, want ons lewe nou in die tyd nádat Christus gekom het.

12. Daarom, iemand wat dink dat hy nooit sonde sal doen nie, moet oppas dat hy nie begin om sonde te doen nie.

13. Daar gebeur dinge wat vir julle toets, en wat vir julle wil laat ophou om God te dien. Maar julle kan hierdie dinge oorwin. God sal julle altyd help. Hy sal sorg dat hierdie dinge nie sterker is as julle geloof nie. Wanneer die dinge julle wil laat ophou glo, dan sal God julle help om sterk te wees en aan te hou glo.

14. Daarom, liewe vriende, julle moet wegvlug van die afgode.

15. Ek weet julle is verstandig. Julle moet self besluit of die dinge wat ek nou sê, reg is.

1 Korintiërs 10