1 Konings 9:26-28 Bybel vir Almal (ABA)

26. Koning Salomo het skepe laat bou in Esjon-Geber. Dit was by die stad Elot langs die strand by die Riet-see, in die land Edom.

27. Hiram het matrose gestuur wat die see goed geken het. Hulle was saam met die matrose van Salomo op die skepe.

28. Hulle het na die land Ofir gegaan en hulle het vir koning Salomo 420 talente goud gebring.

1 Konings 9