1 Konings 9:22-26 Bybel vir Almal (ABA)

22. Maar Salomo het gesê die Israeliete mag nie slawe word nie. Hulle was die manne wat oorlog moes maak en wat die koning moes oppas. Hulle was sy amptenare en offisiere en die hoofde van die soldate op die oorlogkarre en perde.

23. Daar was 550 manne wat moes kyk dat Salomo se werkers goed werk.

24. Salomo het die terras gebou nadat die farao se dogter uit die Dawidstad getrek het na die huis wat Salomo vir haar gebou het.

25. Hy het drie maal elke jaar brand-offers en ete-offers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het en hy het wierook-offers gebrand vir die Here. Dit was nadat hy die tempel klaar gebou het.

26. Koning Salomo het skepe laat bou in Esjon-Geber. Dit was by die stad Elot langs die strand by die Riet-see, in die land Edom.

1 Konings 9