1. Nadat Salomo die tempel en die paleis klaar gebou het, en ook al die ander dinge klaargemaak het wat hy wou doen,
2. het die Here weer aan Salomo verskyn soos Hy by Gibeon aan hom verskyn het.
3. Die Here het vir Salomo gesê: “Ek het gehoor toe jy tot My gebid het en gesoebat het. Ek wy hierdie tempel om aan My te behoort. Ek sal altyd daarvoor sorg en daaraan dink.
4. En jy, as jy heeltemal reg lewe voor My, soos jou pa Dawid gelewe het, en jy doen alles wat Ek vir jou sê, as jy doen wat Ek wil hê en wat Ek besluit,
5. dan sal jou nageslag altyd koning wees oor Israel, Ek sal dit laat gebeur. Ek het vir jou pa Dawid gesê: ‘Iemand uit jou nageslag sal altyd op die troon van Israel sit,’ en dit sal so wees.