1 Konings 4:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Salomo was die koning van die hele Israel.

2. Hier is die name van sy amptenare:Asarja seun van Sadok was ’n priester,

3. Eligoref en Agija seuns van Sisa was die sekretarisse,Josafat seun van Agilud was die hoof van die amptenare,

4. Benaja seun van Jojada was die hoof van die leër,Sadok en Abjatar was die priesters,

5. Asarja seun van Natan was die hoof van die distrikshoofde,Sabud seun van Natan was ’n priester en ’n raadgewer van die koning,

6. Agisar was die hoof van die paleis-personeelen Adoniram seun van Abda was die hoof van die werkers.

1 Konings 4