1. Daar was drie jaar lank nie oorlog tussen die Arameërs en Israel nie.
2. Toe, in die derde jaar, het koning Josafat van Juda by die koning van Israel gekom.
3. Die koning van Israel het vir sy amptenare gesê: “Weet julle, die stad Ramot in die land Gilead behoort aan ons. Hoekom doen ons niks om dit terug te vat van die koning van Aram nie?”