Spreuke 6:29-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaapsonder om gestraf te word,jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.

30. 'n Dief word verag as hy steel,ook al steel hy om sy honger te stil,

31. en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee,selfs al kos dit hom alles wat hy besit.

32. Maar 'n man wat owerspel pleeg,moet van sy verstand af wees,iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.

33. Hy sal slae op die lyf loop en verneder word,sy skande sal nooit uitgewis word nie.

34. Die woede van die vrou se man is 'n gloeiende vuur,sy wraak ken nie perke nie;

Spreuke 6