2. verstrik geraak het deur wat jy gesê heten vasgevang is deur jou eie woorde,
3. doen dan dít, my seun,en red jouself só as jy in 'n ander se mag beland het:gaan soebat hom, gaan pleit by hom;
4. moenie gaan slaap nie, bly wakker,
5. red jou uit sy mag soos 'n wildsbok uit 'n strik,soos 'n voëltjie uit die net van 'n voëlvanger.
6. Gaan kyk na die mier, luiaard,kyk hoe hy werk, en leer by hom.
7. Hy het nie 'n leier nie,nie 'n opsigter of 'n regeerder nie,
8. tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer,versamel hy sy voedsel in die oestyd.
9. Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard,wanneer gaan jy opstaan?