Spreuke 6:11-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. en daar oorval die armoede jou soos 'n rower,daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.

12. Dit is 'n nikswerd mens, 'n mens vol onreg,wat altyd reg is om te lieg,

13. om te bedrieg deur met die oog te knik,met die voet te beduie,met die vingers tekens te gee,

14. wat altyd met 'n skelmstreek komen voortdurend op kwaad uit is.Hy maak moeilikheid waar hy gaan.

15. So 'n mens se ondergang kom skielik;hy stort ineen, en daar is nie herstel nie.

16. Die Here haat ses dinge,nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het:

17. oë wat straal van hoogmoed,'n tong wat lieg,hande wat met bloed bevlek is,

18. gedagtes wat met komplotte besig is,voete wat net een koers ken, dié van die kwaad,

19. 'n getuie wat liegen iemand wat rusie stook tussen broers.

20. My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf;wat jou moeder jou leer,moet jy nie in die wind slaan nie.

21. Dit moet jou altyd bybly,daarmee moet jy saamleef;

Spreuke 6