Spreuke 6:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. As jy vir iemand borg gestaan het, my seun,as jy jou verbind het vir 'n ander,

2. verstrik geraak het deur wat jy gesê heten vasgevang is deur jou eie woorde,

3. doen dan dít, my seun,en red jouself só as jy in 'n ander se mag beland het:gaan soebat hom, gaan pleit by hom;

4. moenie gaan slaap nie, bly wakker,

5. red jou uit sy mag soos 'n wildsbok uit 'n strik,soos 'n voëltjie uit die net van 'n voëlvanger.

6. Gaan kyk na die mier, luiaard,kyk hoe hy werk, en leer by hom.

7. Hy het nie 'n leier nie,nie 'n opsigter of 'n regeerder nie,

Spreuke 6