Spreuke 5:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Sy hou jou weg van die pad van die lewe af,sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.

7. Luister na my, my seun,bly by wat ek jou sê:

8. Bly weg van haar af,moenie naby haar huis se deur kom nie

9. dat jy nie jou mooiste jare verspil nie,jou beste jare aan 'n hartelose mens gee nie,

10. dat vreemdes hulle nie vol eetaan die vrug van jou arbeid nie,dat dit waarvoor jy gewerk het,nie in die huis van 'n ander beland nie.

11. Jy sal lê en kreun as jou einde nader,met die vleis aan jou liggaam weggevreet,

12. en jy sal sê: “Ek het my opvoeding versmaai,ek het my nie gesteur aan die onderrig nie.

13. As ek maar geluister het na my leermeestersen my ore oopgemaak het toe hulle my geleer het!

Spreuke 5