15. Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water:drink die strome uit jou eie fontein.
16. Moet jou fonteine dan ook die wêreld vol loop,jou strome water oral heen vloei?
17. Hulle is tog net joune,en jy sal hulle nie met 'n ander wil deel nie.
18. Sing die lof van jou eie fontein,verheug jou oor jou eie vrou,
19. so vol liefde, so mooisoos 'n takbok, soos 'n ribbok.Geniet voluit van haar liefkosings,laat dit jou deurentyd bedwelm.
20. Waarom sou jy jou laat bedwelm deur 'n slegte vrou, my seun,waarom sou jy in die arms van 'n ander vrou gaan lê?
21. 'n Mens se lewe lê oop voor die Here,elke tree wat jy gee, sien Hy.
22. Die oortreding van die goddelose agterhaal hom,hy draai hom vas in sy sonde.