1. My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer,luister na my goeie raad.
2. Dan sal jy self ook met oorleg kan optreeen met die nodige kennis praat.
3. Die slegte vrou se lippe drup van die heuning,haar tong is gladder as olie,
4. maar agterna is alles so bitter soos wildeals;sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.
5. Haar pad is dié van die dood,elke stap saam met haar bring die ondergang nader.
6. Sy hou jou weg van die pad van die lewe af,sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.
7. Luister na my, my seun,bly by wat ek jou sê:
8. Bly weg van haar af,moenie naby haar huis se deur kom nie