Spreuke 4:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Dit sal jou lewe versier,dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”

10. Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê;dit sal jou lewensjare baie maak.

11. Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid isen jou die regte koers laat loop.

12. As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie,en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13. Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie;bly daarby, want dit is jou lewe.

14. Moenie agter die goddeloses aanloop nie,vermy die pad van slegte mense.

15. Los dit, moenie daarop loop nie,draai weg, vermy die slegte mense;

16. hulle kan nie slaapas hulle nie kwaad gedoen het nie;hulle lê wakkeras hulle nie iemand se ondergang bewerk het nie.

17. Misdaad is hulle kos,geweld hulle drank.

Spreuke 4