Spreuke 4:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.

9. Dit sal jou lewe versier,dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”

10. Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê;dit sal jou lewensjare baie maak.

11. Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid isen jou die regte koers laat loop.

12. As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie,en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13. Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie;bly daarby, want dit is jou lewe.

14. Moenie agter die goddeloses aanloop nie,vermy die pad van slegte mense.

Spreuke 4