Spreuke 3:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie,hou vas aan wat ek jou voorskryf,

2. want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker,dit sal maak dat jy 'n vol lewe het.

3. Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie;leef daarmee saam,maak dit 'n deel van jou lewe.

4. So sal jy guns verwerf en byval vindby God en mens.

5. Vertrou volkome op die Hereen moenie op jou eie insigte staat maak nie.

6. Ken Hom in alles wat jy doenen Hy sal jou die regte pad laat loop.

7. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie,dien die Here en vermy wat sleg is:

8. dit is die geneesmiddel vir jou,die verkwikking vir jou liggaam.

9. Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besiten met die beste uit jou oes,

10. dan sal jou skure oorvol weesen jou parskuipe oorloop van die wyn.

11. My seun, aanvaar die straf wat van die Here komen moet jou nie teen sy teregwysing verset nie,

12. want die Here straf die mens wat Hy liefhetnet soos 'n vader doen met sy seun.

Spreuke 3