Spreuke 29:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Ligsinnige mense bring 'n stad in oproer;wyse mense kalmeer die gemoedere.

9. Wanneer 'n wyse man 'n saak maak teen 'n dwaas,raak die dwaas opgewonde en beledigend,en kom daar nie vrede nie.

10. Moordenaars haat 'n onskuldige mens;mense wat reg lewe, probeer sy lewe red.

11. 'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede;'n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer.

12. 'n Regeerder wat hom aan leuens steur,het naderhand net goddeloses in sy diens.

13. 'n Arm mens en sy verdrukker het een ding gemeenskaplik:die Here hou hulle altwee in die lewe.

Spreuke 29