3. 'n Man wat wysheid hoog aanslaan, maak sy vader gelukkig;een wat hom met prostitute ophou, vermors sy besittings.
4. 'n Koning wat reg laat geskied, maak 'n land veilig;een wat net belastings oplê, ruïneer 'n land.
5. 'n Man wat 'n ander vlei,is besig om hom in 'n strik te laat loop.
6. 'n Mens se sonde is sy grootste gevaar.Iemand wat reg doen, kan vrolik sing.
7. 'n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense,'n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie.