Spreuke 24:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Moenie slegte mense beny nie,moenie by hulle wil wees nie;

2. al waaroor hulle dink, is geweld,en al waaroor hulle praat, is moeilikheid maak.

3. Daar is verstand nodig om 'n huis te bou,insig om sy fondamente te lê,

4. kennis om sy kamers te vulmet allerhande kosbare en mooi goed.

5. Dit is die wyse man wat sterk is,die een wat kennis het, wat werklik mag het.

6. Jy maak oorlog ná beraadslaging,en die oorwinning kom deur baie raadgewers.

7. Wysheid is bo 'n dwaas se begrip;hy kan dit nie waag om sy mond oop te maakwaar leiers beraadslaag nie.

8. Een wat beplan om kwaad te doen,kry die naam van 'n knoeier.

9. 'n Dwaas se geknoei loop op niks uit nie;mense verafsku 'n ligsinnige mens.

10. As jy weifel op die dag van nood,is jy nie opgewasse daarvoor nie.

11. Red dié wat na hulle dood toe gesleep word,dié wat val-val op pad isom doodgemaak te word as jy nie keer nie.

12. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”sal God wat die gedagtes toets,weet wat die waarheid is.Hy wat oor jou wag hou, Hy weeten Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.

13. Eet heuning, my seun, dit is lekker;die stroop is soet in jou mond.

Spreuke 24