Spreuke 23:14-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Jy moet hom juis slaanom hom van die dood te red.

15. My seun, as jy 'n wyse mens word,sal dit my baie vreugde verskaf.

16. Ek sal juig as wat jy sê, altyd reg is.

17. Moenie afgunstig wees op sondaars nie;wees altyd ywerig om die Here te dien;

18. dan sal jy 'n toekoms hêen jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

19. Luister, my seun, soek die regte insig:bly op die regte pad;

20. moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,

21. want die suiplap en die vraat word arm;dronkenskap laat jou in vodde loop.

22. Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind;en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.

23. Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie;hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig.

24. 'n Vader van 'n kind wat reg doen, voel baie gelukkig;'n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde.

25. Mag ook jóú vader dié vreugde hê,mag ook jóú moeder wat jou in die wêreld gebring het, so gelukkig wees!

26. Glo my, my seun, en onthou wat ek jou leer:

27. 'n slegte vrou is soos 'n gevaarlike afgrond,'n ander man se vrou is soos 'n put waaruit jy nie kan kom nie;

28. sy lê op die loer soos 'n rower,sy laat die een man na die ander 'n egbreker word.

Spreuke 23