12. Gee aandag aan wat ek jou voorskryf,luister goed na wat ek jou leer.
13. Moenie huiwer om 'n kind te straf nie,want as jy hom slaan, red jy sy lewe.
14. Jy moet hom juis slaanom hom van die dood te red.
15. My seun, as jy 'n wyse mens word,sal dit my baie vreugde verskaf.
16. Ek sal juig as wat jy sê, altyd reg is.
17. Moenie afgunstig wees op sondaars nie;wees altyd ywerig om die Here te dien;
18. dan sal jy 'n toekoms hêen jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
19. Luister, my seun, soek die regte insig:bly op die regte pad;
20. moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,
21. want die suiplap en die vraat word arm;dronkenskap laat jou in vodde loop.
22. Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind;en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.