1. 'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom,die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud.
2. Voor die Here is ryk en arm gelyk;Hy het hulle almal gemaak.
3. 'n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit;onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.
4. Wie nederig is, dien die Hereen ontvang rykdom, eer en lewe.
5. Daar is dorings en strikke op die pad van oneerlikheid;wie sy lewe wil behou, bly daar weg.
6. Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef,en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.
7. Die ryke heers oor die arme;die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.
8. 'n Koning wat onreg saai, sal teenspoed oes;daar sal 'n end kom aan sy hardvogtige heerskappy.
9. Wie mededeelsaam is, word geseën,want hy gee van sy kos vir arm mense.
10. As jy 'n ligsinnige mens wegjaag, hou die rusies open kom die getwis en beledigings tot 'n end.
11. Wie daarop prys stel om opreg te wees en vriendelik te praat,het selfs die koning tot vriend.
12. Die Here sorg dat die regte insig behoue bly;Hy sorg dat die woorde van 'n onbetroubare mens geen uitwerking het nie.