Spreuke 17:6-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Kleinkinders is vir oumense 'n trots;vaders is vir hulle seuns 'n sieraad.

7. Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie,nog minder leuens by 'n man van aansien.

8. Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag;vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan.

9. Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam,soek goeie verhoudinge;wie 'n saak bly ophaal,bring verwydering tussen vriende.

10. 'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mensas honderd houe op 'n dwaas.

11. 'n Slegte mens is net op kwaad uit,maar iemand sal gestuur word om hom te straf.

12. 'n Mens kan liewer 'n beerwyfie raakloopwat van haar kleintjies beroof is,as 'n dwaas met sy sotheid.

13. As jy goed met kwaad vergeld,sal die kwaad nooit uit jou huis wyk nie.

14. Om rusie te begin, is om 'n damwal te breek;staak liewer die getwis voor die vloed jou tref.

15. Die Here het 'n afsku van wie die skuldige onskuldig verklaarén van wie die onskuldige skuldig verklaar.

16. Watter nut het dit as 'n dwaas geld in die hand hetom wysheid te koop en hy het nie verstand nie?

17. Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken;jou broer is daar met die oog op jou nood.

18. Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan,wat instaan vir die skuld van sy naaste.

Spreuke 17