Spreuke 17:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Kleinkinders is vir oumense 'n trots;vaders is vir hulle seuns 'n sieraad.

7. Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie,nog minder leuens by 'n man van aansien.

8. Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag;vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan.

9. Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam,soek goeie verhoudinge;wie 'n saak bly ophaal,bring verwydering tussen vriende.

10. 'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mensas honderd houe op 'n dwaas.

11. 'n Slegte mens is net op kwaad uit,maar iemand sal gestuur word om hom te straf.

Spreuke 17