Spreuke 17:17-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken;jou broer is daar met die oog op jou nood.

18. Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan,wat instaan vir die skuld van sy naaste.

19. Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie;wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang.

20. 'n Vals mens sal nie voorspoed hê nie;wie die waarheid verdraai, sal ondergaan.

21. Daar wag hartseer vir die vader van 'n dwaas;wie 'n ongemanierde seun het, het geen vreugde nie.

22. 'n Vrolike mens is 'n gesonde mens,'n neerslagtige mens raak uitgeput.

Spreuke 17