Spreuke 17:13-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. As jy goed met kwaad vergeld,sal die kwaad nooit uit jou huis wyk nie.

14. Om rusie te begin, is om 'n damwal te breek;staak liewer die getwis voor die vloed jou tref.

15. Die Here het 'n afsku van wie die skuldige onskuldig verklaarén van wie die onskuldige skuldig verklaar.

16. Watter nut het dit as 'n dwaas geld in die hand hetom wysheid te koop en hy het nie verstand nie?

17. Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken;jou broer is daar met die oog op jou nood.

18. Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan,wat instaan vir die skuld van sy naaste.

19. Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie;wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang.

20. 'n Vals mens sal nie voorspoed hê nie;wie die waarheid verdraai, sal ondergaan.

21. Daar wag hartseer vir die vader van 'n dwaas;wie 'n ongemanierde seun het, het geen vreugde nie.

22. 'n Vrolike mens is 'n gesonde mens,'n neerslagtige mens raak uitgeput.

23. 'n Goddelose mens bied omkoopgeskenke aan en verdraai die reg.

24. 'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid,maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.

25. 'n Onverstandige seun is vir sy ouers 'n ergernis,hy is vir hulle 'n bitter verdriet.

26. Selfs al beboet jy 'n onskuldige mens net, is dit verkeerd,en om 'n man van aansien te laat slaan, druis in teen die reg.

27. Wie die kennis het, kan spaarsaam met sy woorde wees;'n mens met insig bly kalm.

Spreuke 17