Spreuke 17:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarbyas 'n huis vol kos met 'n getwis daarby.

2. 'n Verstandige slaaf sal gesag kry oor 'n seunwat 'n verleentheid isen sal 'n erfgenaam word saam met die seun se broers.

3. Silwer word in 'n smeltkroes gelouter en goud in 'n oond,maar dit is die Here wat die gesindheid toets.

4. Wie op onreg uit is, luister gretig na kwaadwillige woorde;wie van valsheid hou, hoor graag woorde wat verderf saai.

5. Wie met 'n arm mens spot, beledig sy Maker;wie hom verheug oor die ongeluk van 'n ander,sal self nie vrykom nie.

6. Kleinkinders is vir oumense 'n trots;vaders is vir hulle seuns 'n sieraad.

7. Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie,nog minder leuens by 'n man van aansien.

8. Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag;vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan.

9. Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam,soek goeie verhoudinge;wie 'n saak bly ophaal,bring verwydering tussen vriende.

Spreuke 17