Spreuke 15:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Sagte antwoord laat woede bedaar;'n krenkende woord laat woede ontvlam.

2. Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks;dwase mense sê net dwase dinge.

3. Die Here sien oral;Hy hou slegte en goeie mense dop.

4. Kalmerende woorde bring lewe,skynheilige woorde breek mense.

5. 'n Dwaas verag wat sy vader hom leer;wie hom laat teregwys, is verstandig.

6. In die huis van die regverdige is daar groot rykdom;die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel.

Spreuke 15