Spreuke 14:22-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Wie altyd op kwaad uit is, is op die verkeerde pad;wie goed doen, geniet liefde en trou.

23. Harde werk bring beloning;om net te praat, bring gebrek.

24. Wyse mense word bekroon met rykdom;die dwaasheid van dwase mense lei na meer dwaasheid.

25. 'n Betroubare getuie red lewens;die een wat leuens kwytraak, maak alles vals.

26. Wie die Here dien, het daarin 'n veilige toevlug,en ook sy kinders vind daar skuiling.

27. Wie die Here dien, vind daarin 'n bron van lewe;dit laat jou die strikke van die dood ontkom.

28. 'n Koning met baie onderdane is hoog in aansien;een met min onderdane gaan te gronde.

29. 'n Geduldige mens is baie verstandig;een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon.

30. 'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond;hartstog vreet 'n mens op.

31. Wie 'n arm mens verdruk, beledig sy Maker;wie hom oor 'n arm mens ontferm, eer God.

32. Die goddelose kom tot 'n val deur sy boosheid;die regverdige het 'n toevlug, ook in sy dood.

33. In 'n verstandige gemoed pas die wysheid goed in;by dwaasheid is dit nie tuis nie.

34. Gehoorsaamheid aan die Here laat 'n volk sterk staan;sonde bring skande oor 'n volk.

Spreuke 14