Spreuke 14:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Wyse vrou sorg vir haar huis;'n vrou sonder wysheid breek alles af.

2. Wie opreg lewe, dien die Here;wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie.

3. Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf;die woorde van wyse mense beskerm hulle.

4. As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg;met net een goeie os bring jy 'n groot oes in.

5. 'n Betroubare getuie lieg nie;'n vals getuie vertel een leuen na die ander.

6. Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie;'n verstandige mens doen maklik kennis op.

7. Vermy 'n dwase mens;jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie.

8. Die wysheid van 'n verstandige mens wys vir hom 'n duidelike koers aan;die dwaasheid van 'n dwase mens maak alles vals.

Spreuke 14