Spreuke 14:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Wyse vrou sorg vir haar huis;'n vrou sonder wysheid breek alles af.

2. Wie opreg lewe, dien die Here;wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie.

3. Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf;die woorde van wyse mense beskerm hulle.

4. As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg;met net een goeie os bring jy 'n groot oes in.

5. 'n Betroubare getuie lieg nie;'n vals getuie vertel een leuen na die ander.

6. Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie;'n verstandige mens doen maklik kennis op.

7. Vermy 'n dwase mens;jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie.

8. Die wysheid van 'n verstandige mens wys vir hom 'n duidelike koers aan;die dwaasheid van 'n dwase mens maak alles vals.

9. Die skuldoffer wat deur dwase gebring word, maak hulle bespotlik;mense wat opreg lewe, geniet die guns van God.

10. Net 'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed,en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie.

11. Die goddelose en sy nageslag sterf uit;die opregtes het 'n groot nageslag.

12. Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,maar die uiteinde daarvan is die dood.

Spreuke 14