9. Die lewe van die regverdiges is vol vreugde;die lewenslig van die goddeloses word uitgedoof.
10. Selfverheffing lei altyd tot twis;dié wat goeie raad aanneem, het wysheid.
11. Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik;wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk.
12. 'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak 'n mens mismoedig;'n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe.
13. Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie,sal die gevolge dra;wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk.
14. Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe;dit laat jou die strikke van die dood vermy.
15. Iemand wat goeie insig het, geniet goedgesindheid;die pad van onbetroubare mense lei tot vernietiging.
16. Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen;wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.