Spreuke 13:20-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid;wie hom met dwase ophou, word self sleg.

21. Teenspoed volg die sondaars op hulle pad;die regverdige word met voorspoed vergoed.

22. 'n Goeie mens laat 'n erfenis na ook vir sy kleinkinders;die besittings van die sondaarkom in die hande van die regverdige.

23. Grond wat die eerste keer geploeg is,lewer genoeg kos vir die armes,maar waar daar nie wet en orde is nie,word die kos van hulle af weggevat.

24. Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie;as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.

Spreuke 13