16. Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen;wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.
17. 'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid;'n gesant op wie jy kan staatmaak, stel sake weer reg.
18. Armoede en vernedering wag vir iemandwat hom nie wil laat leer nie,wie 'n teregwysing ter harte neem, word geëer.
19. 'n Begeerte wat vervul is, bring vreugde.Dwase het 'n afkeer daarvan om kwaad te vermy.
20. Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid;wie hom met dwase ophou, word self sleg.
21. Teenspoed volg die sondaars op hulle pad;die regverdige word met voorspoed vergoed.
22. 'n Goeie mens laat 'n erfenis na ook vir sy kleinkinders;die besittings van die sondaarkom in die hande van die regverdige.
23. Grond wat die eerste keer geploeg is,lewer genoeg kos vir die armes,maar waar daar nie wet en orde is nie,word die kos van hulle af weggevat.