Spreuke 12:19-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Die waarheid hou vir altyd,die leuen net 'n oomblik.

20. Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is;dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed,doen dit met vreugde.

21. Geen leed sal die regverdige tref nie;goddeloses beleef ramp op ramp.

22. Die Here het 'n afsku van leuenaars;Hy hou van betroubare mense.

23. 'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie;dwase basuin hulle dwaasheid uit.

24. Hardwerkende mense kom in magsposisies;lui mense word dwangarbeiders.

25. Bekommernis druk 'n mens neer;'n vriendelike woord vrolik hom op.

26. Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur 'n vriend;die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies.

Spreuke 12